Members Login
Username 
 
Password 
    Remember Me  
Post Info TOPIC: MOORDE


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:
MOORDE


URL: http://www.news24.com/News24/South_A...885733,00.html

21 Feb 2006

Pretoria - A seriously wounded man from Waverley in Pretoria killed one of three robbers who had attacked him in front of his shop on Tuesday.

His son rushed him to hospital afterwards.

Chris Smit, 52, was on his way from the bank to Kaysies Discount Store in East Lynne when three men attacked him shortly before noon. He was wounded in the chest and leg.

His son, Tiaan, said: "The shots sounded like fireworks going off. I think my dad realised they were shooting to kill, and he returned the fire.

"Fortunately, he is an excellent marksman."

Tiaan, who runs a computer business with his father, ran out after hearing the shots and watched as the men opened fire on his father.

Tiaan decided to rather rush his father to hospital instead of waiting for an ambulance.

"We will find out later exactly what happened.

Bloodied body found next to car

"He battled to breath during the trip to hospital, because air was escaping from his chest."

Smit sen underwent surgery on Tuesday afternoon.

The bloodied body of one of the robbers was afterwards found slumped against Smit's Uno. The car was also riddled with bullet holes and was covered in blood.

Joseph Mabene, a driver at Elite Fabrics across the road, said he saw the assault on Smit.

"I shouted at the robbers: 'What are you doing?' One of them aimed his gun at me, and I fled into the shop."

Constable Brenda Kgafela of the police said that, despite Smit's wounds, he had managed to wound one of the fleeing robbers.

They tried to flee in a red Corolla, but crashed against a pole.

Dirk Breytenbach, another witness, said the robbers collided with a Land Cruiser, from which emerged "two big bears".

Two fled on foot

"One of them pulled a robber from the vehicle and a bit of boxing took place."

Kgafela said the security guard became involved in the shooting after two robbers fled on foot in the direction of the Eastland taxi rank.

She said charges of murder, attempted murder and armed robbery were being investigated.

Source: News24.Com
URL: http://www.news24.com/News24/South_A...885733,00.html
__________________

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:

Rowers het 'n jong pa van Roodepoort aan die Wes-Rand koelbloedig doodgeskiet toe hy by 'n sjebien in die Princess-plakkerskamp namens sy werkgewer geld gaan invorder het.

Mnr. Wessel van der Merwe (28), pa van 'n drie maande oue babadogtertjie, is gisteroggend omstreeks 10:00 aangeval toe hy by die tweede plek aangekom het waar hy namens die Witpoortjie-drankwinkel geld moes gaan invorder en bottels oplaai.

Kapt. Paula Nothnagel, polisiewoordvoerder, het gesê toe Van der Merwe uit sy voertuig wou klim, het twee mans hom oorval en op hom geskiet.

"Een skoot het hom in die hart getref en hy is op die toneel dood.”

"Die rowers het R200 gevat wat Van der Merwe by die vorige invorderingspunt gekry het. Hulle het gevlug en is nog nie aangekeer nie.”

Enkele ure ná die moord op haar man het 'n ontstelde mev. Maritza van der Merwe (25) gesê: "Hy het alles mooi vir ons reggesit . . . vir my en die baba, en nou is hy weg.”

"Mens kon nie 'n beter man as hy kry nie. Hy het alles vir my gedoen en ek weet nie waar om nou te begin nie," het sy gesê terwyl sy hul baba, Marisel, vasgehou het.”

"Marisel was gister (eergister) drie maande oud. Hy was só lief vir haar. Toe ek sewe maande swanger was, was ek in 'n ernstige motoron geluk. Wessel het só groot geskrik, maar ons was darem oukei. Toe die polisie my bel en sê dat hy dood is, kon ek dit nie glo nie."

Volgens mev. Van der Merwe het hulle mekaar jare gelede by die Hoërskool Bastion, waar hulle skoolgegaan het, ontmoet. "Hy is nou amper vier jaar uit die tronk. Hy was drie jaar opgesluit weens strafbare manslag nadat hy 'n man doodgery het wat hy vir 'n motorkaper aangesien het. Ons het dinge daarna so mooi reggemaak; ons het nou 'n huis, 'n kar en 'n kind."

Mnr. Wessel van der Merwe sr.(49), Van der Merwe se pa, het gesê sy seun was baie gewild.

"Hy was 'n vredeliewende, lewen dige mens en het baie vriende gehad, of hulle nou wit, swart of pienk was. Hy het sowat drie jaar by die drankwinkel gewerk en was gelukkig daar."

Berig ontvang per e-pos

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:

VEREENIGING. - Terwyl 'n bejaarde vrou in haar sterwensoomblikke na asem gesnak het, is haar familie deur verpleegpersoneel van die Kopanong-hospitaal beveel om haar pynkrete 'stil te maak' en hul beurt in die lang ry af te wag.

Ondanks haar familie se angs oor haar verslegtende toestand, het mev. Antonette Kruger (64) uiteindelik in 'n rolstoel tussen die ry pasiënte gesterf, nadat hospitaalpersoneel hulle herhaaldelik beveel het om in die ry te wag.

Wyle mev. Kruger, 'n diabeet, het ten aanskoue van ander pasiënte vermoedelik aan 'n bloedklont deur die hart beswyk. Sy is op Saterdag 4 Februarie na die hospitaal vergesel deur haar dogters, me. Annette Steyn en me. Tinka Hughes, haar seun, mnr. Johan Kruger, en skoondogter, mev. Yolanda Kruger. Hulle het haar hospitaal toe geneem nadat sy geval het by haar seun se huis, by wie sy gewoon het. Sy het 'n diep sny aan haar arm opgedoen en het sporadies haar bewussyn verloor.

Die familie het omstreeks 11:50 met mev. Kruger by die hospitaal opgedaag, waarna haar bloeddruk getoets is. Haar suikervlak is egter nie getoets nie en die familie is aangesê om in die ry te wag. Sy het na bykans 'n uur se gewag in die ry stuiptrekkings gekry en ophou asemhaal en die familie is aangesê om haar na die ongevalle-afdeling te neem. Daar het hospitaalpersoneel tevergeefs gepoog om haar op te wek. Me. Annette Steyn glo haar moeder sou dalk nog vandag geleef het as die hospitaalpersoneel die erns van haar toestand besef het en gouer aandag aan haar gegee het. 'Sy het haar bors vasgeklem en was blou in die gesig. Dit was duidelik dat sy dringend hulp nodig gehad het. Hoe is dit moontlik dat niemand haar kon help nie?' vra sy. Pleks daarvan om haar te help, het die personeel daarmee volstaan dat sy in die ry tussen die ander, minder ernstige pasiënte, moes wag vir haar beurt.

'As ek my oë toemaak, sien ek steeds hoe my ma na asem snak en by ons pleit om haar te help,' sê me. Steyn. Die hele familie is steeds erg getraumatiseer en regstappe teen die hospitaal is nie uitgesluit nie. Volgens me. Hughes het haar ma juis by haar seun (mnr. Kruger) gaan woon om hom te help aansterk na sy hartaanval. 'Sy het altyd gesê dat hy gesond moet word omdat sy hele lewe nog voorlê, en nou dít,' sê sy. Mev. Wena Wiechers, woordvoerder van die Vaaldriehoek-streek se gesondheidsdienste, het by navraag gesê 'n ondersoek word gedoen om te bepaal of 'n amptelike klag deur die familie by die hospitaal gelê is. 'Indien 'n klag wel deur die formele kanale ingedien is, sal daar geen probleem wees om dit te ondersoek nie. Dit is egter moeilik as daar nie 'n amptelike klag is nie. Ons ondersoek dit nogtans, selfs al was die klag net mondelings. Die gebeure is tragies vir al die betrokkenes, insluitend vir die hospitaal,' sê sy. * Mev. Kruger is Donderdag uit die Cefas Christelike Sentrum begrawe.

Berig: Vaal Weekblad

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER
Page 1 of 1  sorted by
 
Quick Reply

Please log in to post quick replies.

Tweet this page Post to Digg Post to Del.icio.us


Create your own FREE Forum
Report Abuse
Powered by ActiveBoard