Polokwane (Pietersburg). - Boere in Limpopo is só moedeloos met misdaad en wetteloosheid dat hulle die Verenigde Nasies (VN) se handves oor vlugtelingstatus bestudeer om moontlik 'n heenkome in ander lande te kry.
Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri-Limpopo, het gesê hy het die VN se handves bestudeer en volgens dié handves kom boere in aanmerking vir vlugtelingstatus in ander lande. "Ons moet kan bewys dat ons 'n identifiseerbare groep is wat nie deur die staat beskerm word teen misdaad en treitering nie. Ons ondervind dit elke dag," het hy gesê.
Volgens De Jager moet daar ook bewys word dat dit vir die betrokke groep baie moeilik is om 'n bestaan te maak. "Dit kan ons baie maklik bewys, want tussen die grondeise, plaasmoorde en diefstal op ons plase is dit onmoontlik om deesdae 'n bestaan as 'n boer te maak," het hy gesê.
Ingevolge die VN se Vlugtelingewet moet 'n vlugteling, wanneer hy in 'n ander land van sy keuse aankom, sy aansoek om vlugtelingstatus by die land se regering indien. Die persoon sal dan 'n tydelike vlugtelingpermit ontvang totdat die aansoek om vlugtelingstatus afgehandel is. Die land waar vlugtelinge aansoek doen om asiel, kan besluit of hulle vlugtelingstatus sal toeken.
Boere van Agri-Limpopo het verlede week met verskeie polisie- hoës vergader oor verskeie probleme.
Verskeie bevelvoerders van polisiekantore was ook teenwoordig.
Die voortdurende aanvalle en moorde op boere is tydens die vergadering bespreek.
"Ons het vir die polisie gesê ons is moeg vir die swak diens wat ons van hulle ontvang. In baie gevalle raak dossiere sommer weg en wil dit voorkom of die polisie 'n mens nie wil help nie."
Volgens De Jager raak die situasie só erg in sommige dele van Limpopo dat dit aan belaglikheid grens.
Een só 'n voorval is die lasbrief vir inhegtenisneming wat uitgereik is vir mnr. Philé van Zyl, voorsitter van Agri-Limpopo, omdat hy glo nie die veiligheidswagte by sy ZZ2-tamatieplase as veiligheidswagte geregistreer het nie.
Nóg probleme is kabeldiefstal wat al hoe meer voorkom. Boere ly derduisende rande skade wanneer kabels gesteel word, wat onder meer veroorsaak dat pompe nie kan werk nie.
"Die vee-en-wilddiefstal ruk ook handuit en ons ly groot verliese," het De Jager gesê.
De Jager het gesê Agri-Limpopo vergader oor twee weke weer met die polisie oor die veiligheidsituasie. Ná herhaaldelike pogings kon Beeld nie kommentaar kry van die VN se kantoor in Pretoria oor vlugtelingskap vir boere nie. __________________
__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER
Die ANC is seker nou baie gelukig hieroor want dit is mos hulle plan met die plaasaanvalle soos gestel in die "freedom charter", maar ons sal sien hoe gelukkig hulle nog sal wees as hulle dood van honger omdat daar nie kos is nie. O ja dan sal hulle die hongersnood op Apartheid blameer net soos hulle alles wat foutgaan op Apartheid blameer! Het een of ander ANC grootkop nie 'n paarjaar gelede gesê dat die oorlog in Bosnië 'n direkte nagevolg van Apartheid is nie?
Siener het gesê ons gaan alles verloor voor ons weer ons vryheid kry.
Ek dink die Boere het 'n probleem as hulle hulp soek by die VN, hulle moet hulp soek by hulle Skepper, die VN is 'n joods geskepte organisasie wat net hulp gee aan jode
Hel, het ons dan werklik so ver afgedwaal, ons voorouers het op hul knee gegaan en dan die Drangensberge oorgegaan, ons mense soek hulp by jode?
Nee nooit, die Vader sal ons bewaar en beskerm, ons moet net Sy Naam aanhoudend aanroeroep, Hy is ons rots waaragter ons as Boerevolk moet skuil!!!!!!