Members Login
Username 
 
Password 
    Remember Me  
Post Info TOPIC: n BEJAARDE Vrystaatse paartjie is wreed met hamers en bakstene aangeval.


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:
n BEJAARDE Vrystaatse paartjie is wreed met hamers en bakstene aangeval.



’n BEJAARDE Vrystaatse paartjie is wreed met hamers en bakstene aangeval. Plaasaanvalle is opnuut oor die land heen aan die opvlam.

Bloedspatsels teen die mure, op matte, lakens en matrasse was gisteroggend stille getuienis van dié grusame aanval op ’n hoewe by Martindale, Bloemspruit, buite Bloemfontein. Kunstande in ’n plas bloed en ’n baksteen daar naby was deel van die grusame toneel. Vier van mnr. Ivan Jacobs (72) en mev. Gwendoline Jacobs (56) se vyf honde is vermoedelik vergiftig minute voordat die aanvallers op die bejaardes toegeslaan het. ’n Klein boerboelreuntjie is die enigste hondjie wat die aanval op die hoewe in Stasiestraat 117 oorleef het.

Mnr. Fanie Jacobs, mev. Jacobs se seun van Bloemfontein, het op die toneel aan Volksblad gesê sy oom is oorval toe hy gaan kyk het waarom die honde nie ’n lawaai maak nie.

Kapt. Elsa Gerber, polisiewoordvoerder, sê die aanvallers het ’n gat in die draadheining geknip en vermoedelik die honde vergiftig. Mnr. Jacobs is waarskynlik deur drie mans oorrompel toe hy uit die huis gestap het. Hy is van agter met ’n hamer en baksteen teen die kop geslaan, die huis ingedwing en verder aangerand, sê Gerber.

“Neem foto’s en wys die publiek wat hier aangaan,” het mnr. Jacobs (jr.) gister gesê. “Ek was ook die publiek – tot my ouers statistieke geword het.”

Mev. Jacobs het haar seun tussen 08:50 en 09:30 gebel. “Sy het net gesê sy is aangeval en hier is baie bloed,” sê hy.

“My ma kan niks van die aanval onthou nie. My oom is oor die knie, heup en lyf met die hamer geslaan. Ek dink hy is ook met ’n mes gesteek. Albei is van agter aangeval en geslaan.”

Die drie rowers het met ’n Nokia-selfoon en ’n .38 Special-rewolwer in mev. Jacobs se rooi Ford Laser, registrasienommer BHC 105 FS, gevlug.

Die polisie se eenheid teen ernstige geweldsmisdaad (EGM), honde-eenheid, die blitspatrollie, Bloemspruit-polisiekantoor en misdaadrekordsentrum het gisteroggend die toneel gefynkam vir leidrade.

Kapt. Fancois Laux, waarnemende EGM-bevelvoerder, sê die voertuig is gister omstreeks 16:00 in Fase 6, Bloemspruit, gekry. “Mense het die mans met pakkies uit die motor sien klim.”

Mev. Elke de Witt, woordvoerder van die departement van gesondheid, het teen druktyd gesê mev. Jacobs is reeds uit die Pelonomi-hospitaal ontslaan. Sy is vir hoofbeserings, skok en kneusplekke behandel. Mnr. Jacobs was teen druktyd nog in die trauma-eenheid.

“Hy moes vir ’n skandering gaan. Die uitslag is nog nie bekend nie. Hy word vir kopbeserings behandel.” De Witt sê hy is by sy bewussyn. Sy toestand is ernstig, maar stabiel.

Die gewapende rowers was teen druktyd nog op vrye voete.

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:

Man of 74 bound and killed
22/05/2006 16:42 - (SA)


Cape Town - A 74-year-old man was found murdered in his house in Parow on Monday, said Cape Town police.

Inspector Bernadine Steyn said the old man's body, bound with ties around his feet and neck, was found by a neighbour who had gone to visit early on Monday morning.

"The man was found on his kitchen floor about 10:45. He had a tie around his feet and another around his neck," said Steyn.

Police were investigating a case of murder.

Steyn said: "At this stage, it is not known whether anything was taken from the house and no signs of forced entry could be found."



__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER
Page 1 of 1  sorted by
 
Quick Reply

Please log in to post quick replies.

Tweet this page Post to Digg Post to Del.icio.us


Create your own FREE Forum
Report Abuse
Powered by ActiveBoard