METODE Kors: 1. Meng suiker en botter en voeg eiers by. 2. Sif droeë bestanddele saam en voeg by 3. Maak aan met 'n bietjie melk om sagte deeg te maak. Smeer in drie gesmeerde tertborde.
Vulsel 4. Kook die melk en margarien 5. Klits die eiers en witsuiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik. 6. Voeg die koekmeelblom, mielieblom, sout en vanieljegeursel by en klits verder baie goed totdat al die klontjies opgelos is. 7. Roer 'n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel. 8. Roer die eiermengsel nou by die res van die kookmelkmengsel. Plaas terug op die warm stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit begin kook. 9. Giet die warm vulsel in die rou korse. Sif kaneel oor. Bak vir 25 minute in 'n voorverhitte oond by 180 grade celcius (350F) totdat die korse gaar is.
Wenk: Indien verkies, strooi 'n bietjie ekstra witsuiker oor.