Members Login
Username 
 
Password 
    Remember Me  
Post Info TOPIC: Terte


Newbie

Status: Offline
Posts: 21
Date:
Terte


Outydse Gebakte Melktert
(3 terte)
(Baie lekker!)

KORS
62.5ml meelblom (5 eetlepels - hoogvol)
25ml botter (2E)
2 eiers
25ml suiker
5ml bakpoeier (1t)
knippie sout

VULSEL
1.5l melk (6 koppies)
50g margarien (60ml) (.25 koppie)
5 eiers
knippie sout
5 ml vanieljegeursel (1t)
250ml witsuiker (1k)
150ml mielieblom (half koppie + 2E)
125ml koekmeelblom

METODE
Kors:
1. Meng suiker en botter en voeg eiers by.
2. Sif droeë bestanddele saam en voeg by
3. Maak aan met 'n bietjie melk om sagte deeg te maak.
Smeer in drie gesmeerde tertborde.

Vulsel
4. Kook die melk en margarien
5. Klits die eiers en witsuiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik.
6. Voeg die koekmeelblom, mielieblom, sout en vanieljegeursel by en klits verder baie goed totdat al die klontjies opgelos is.
7. Roer 'n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel.
8. Roer die eiermengsel nou by die res van die kookmelkmengsel. Plaas terug op die warm stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit begin kook.
9. Giet die warm vulsel in die rou korse. Sif kaneel oor. Bak vir 25 minute in 'n voorverhitte oond by 180 grade celcius (350F) totdat die korse gaar is.

Wenk:
Indien verkies, strooi 'n bietjie ekstra witsuiker oor.

__________________


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:

Vicky het hoop die gaan werk...ek is baie lief vir melktert.

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER


Newbie

Status: Offline
Posts: 21
Date:

Daai resep kan op geen manier "flop" nie Piett, laat my weet as julle dit probeer het!

__________________
Page 1 of 1  sorted by
 
Quick Reply

Please log in to post quick replies.

Tweet this page Post to Digg Post to Del.icio.us


Create your own FREE Forum
Report Abuse
Powered by ActiveBoard