Metode: Klits eier, voeg suiker by en klits tot goed gemeng. Sif koekmeelblom en sout saam en voeg om die beurt met melk by eiermengsel. Meng appelkooskonfyt, asyn en koeksoda goed saam en voeg by eiermengsel. Meng en skep in gesmeerde vuurvaste oondskottel. Bak in voorverhitte oond van 180 grade C tot goudbruin en gaar. Plaas alle sousbestanddele in kastrol en roer oor matige hitte tot goed gemeng. Verhit tot kookpunt, verwyder van hitte en gooi oor poeding sodra dit uit die oond kom. Sit voor met wynsous, vla of room.
Metode: Plaas suiker en water in kastrol en roer oor matige hitte tot suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook vir ongeveer 15 minute tot stroop konsistensie. Voeg botter by en roer tot gesmelt. Voeg geklitste eiers en wyn by en meng goed. Sit voor saam met poeding.