Members Login
Username 
 
Password 
    Remember Me  
Post Info TOPIC: BOERVRYHEID-FORUM


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:
BOERVRYHEID-FORUM


Ek sien die op BV.........


Quote:
ANB Distansieer hom van dr. Lets Pretorius se "Majuba Deklarasie" en daarom ook van die beplande "Vroue-optog" op 4 Maart 2006. Die "Eis" wat met die beoogde vroue-optog op 4 Maart deur middel van die "Majuba Deklarasie" aan pres. Mbeki oorhandig gaan word beslaan vier Hoofstukke met 'n lys van vyftien aanhangsels, en 'n lys waarheen afskrifte daarvan gestuur gaan word. Dit word voorafgegaan met die opskrif "VOORSPEL TOT DIE DEKLARASIE." Dit bevat 'n Volmag tot ondertekening van die "Majuba Deklarasie wat deur verteenwoordigers van organisasies onderteken word, wat behels die onderskrywing van die "EIS" namens die "Boerevolk" Die eis sal o.a. voor Mbeki, Mandela, Kommissie van Mense regte, VVO se sekretariaat vir die skending van menseregte geplaas word. Die Deklarasie stel dit dat die "Verteenwoordigers" gereed is om die eis om 'n tafel te bewoord, en dat daar dringend gewag word op 'n antwoord van die Staatspresident. Die "VOORSPEL TOT DIE DEKLARASIE" behels o.a. briewe van dr. Lets Pretorius aan Nelson Mandela wat deel maak van die Majuba Deklarasie. In hierdie briewe word o.a. heuning om die mond van Mandela as "Ikoon" van vrede en "Demokrasie gesmeer wat hom waarskynlik moet oorreed om as fasiliteerder op te tree vir die hervatting van onderhandelinge om die tafel. Ook word Mandela se misdade van die verlede waarvoor hy 27 jaar tronk toe gestuur is vergoeilik weens die feit dat voorgegee word dat in die "apartheidsjare" teen swartes gediskrimineer is, netsoos die ANC/SAKP vandag teen blankes diskrimineer. Vele ander mistastings en vergelykings word gestel wat regverdiging vir Mandela se kommunistiese stryd van die verlede bied. In die Hoofstukke wat na die "VOORSPEL TOT DIE DEKLARASIE" volg, word 'n beskrywing van die "Eiser" nl. die Boerevolk gegee en dat die breë Afrikaanssprekende Blankes die politieke naam “Afrikaner” toegedig word. Ook dat o.a. die "Boerevolk" se eis regtens die grondwet art. 235 van 1996- en volgens die uitgediende Volkstaatraad se verslag om selfbeskikking ingedien word. Verder word ook verklaar dat die "Boerevolk" nou aan eienskappe voldoen om as 'n volk geklassifiseer te word en daarom as "minderheidsvolk" geregtig is op selfbeskikking, en aanspraak kan maak op politieke outonomie, of as alternatiewe d.m.v. sesessie of afstigting. Daar word ook 'n aantal aansprake gemaak volgens die "Tussentydse Grondwet" van 1993" en die finale Grondwet van 1996. Afgesien van 'n klompie historiese feite wat ook in die "Majuba Deklarasie" saamgevat is, is dit 'n dokument wat vol slaggate vir die herwinning van die Afrikanervolk se vryheid is, waarvan die volgende 'n aantal voorbeelde is:
• Dit doen afstand van die feit dat die Afrikanervolk reeds 'n volk in eie reg met sy eie grondgebied is.
• Dit gee legitimiteit aan die huidige onchristelike grondwet en gee voor dat die kommunistiese ANC regime 'n wettig verkose regering is.
• Dit pleit vir verdere onderhandelings met die onwettige ANC/SAKP regering.
• Dit wil die Afrikanervolk onderhewig stel aan die uitsprake van die VVO en Internasionale howe.
• Dit verklaar dat die ANC onder Mandela 'n "Demokrasie" voorgestaan het, wat 'n regverdige bedeling vir al sy inwoners bied.
• Dit skep die indruk dat die opsteller, dr. Lets Pretorius, se standpunte in die "Deklarasie" saamgevat, verteenwoordigend van die "Boerevolk" en die Afrikaner in geheel is, maar maak geen melding van Afrikanernasionalisme nie.
Die ANB is nie bereid om deel te hê aan 'n optog wat die indruk moet skep dat die Afrikanervolk hom verbind met die inhoud van die "Majuba Deklarasie" nie. Die ANB neem eksepsie- en verklaar dat dit uiters onverantwoordelik van die organiseerders en propageerders van 4 Maart se vroue-optog is om die Afrikaner vroue se geregverdigde optogte van die verlede aan dié optog te verbind. Daar kan geen vergelyking getref word met die redes vir die protes optogte van die verlede en dié van 4 Maart nie. Die verlede se optogte waarna die organiseerders verwys om as motivering vir deelname aan dr. Lets Pretorius se optog te dien, was vir die vrylating van genl. Christiaan de Wet uit die gevangenis en 'n pleidooi dat Suid Afrika nie aan die Tweede Wêreldoorlog moes deelneem nie - en nie om die ideologiese- en politieke standpunte van enkelinge aan die van die Afrikanervolk in sy geheel te koppel nie. Die ANB verklaar dat dr. Lets Pretorius nie die Afrikanervolk verteenwoordig nie. Die ANB Verklaar ook dat die "Majuba Deklarasie" nie net 'n oefening in futiliteit is nie, maar ook struikelblokke in die weg van 'n reeds bestaande Afrikanervolk plaas om regmatig sy vryheid wat hy deur verraad verloor het, op te eis. Die ANB verklaar dat dit ongehoord is om die Afrikanervolk se vroue met misleidende propaganda in 'n optog aan te wend om substansie aan die "Majuba Deklarasie" te verleen. Derhalwe distansieer die ANB hom om klaarblyklike redes van die "Majuba Deklarasie" en die vroue-optog van 4 Maart en pleit by Afrikaners om nie dokumente te onderteken- en aan aksies deel te neem wat nadelige gevolge vir die toekoms van die Afrikaner kan inhou nie.

Dagbestuur: Willie van der Grijp 082 532-9656, Mornay Jansen (051) 446-2513, Jannie Brink (011)
787-7895, Johann Grobler (014) 763-3920.
Kontakpersone: Willie van der Grijp 082 832-9656, Hendrik de Wet (048) 885-9039
Mornay Jansen (051) 446-2513, Johan Grobler (014) 763-3920, Jannie Brink (011) 787-7895

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:

Ook Stoffel se antwoord......


Quote:
Persverklaring Deur Lets Pretorius
(Na Aanleiding Van Die Verklaring Deur Die ANB)
27 Februarie 2006
Ek maak die volgende verklaring eerstens aangesien my vrou op die oomblik by haar moeder se siekbed in Belfast is en sy werklik baie ernstig siek is en tweedens aangesien ek persoonlik betrek word by ’n persverklaring deur die ANB Hierdie verklaring is nie in die naam van enige organisasie nie en ek doen dit in my persoonlike hoedanigheid.

Ek het insae in die ANB se persverklaring, gehad.

My uitgangspunt is om nie in enige geveg met volksgenote betrokke te raak terwyl ons in die loopgraaf lê nie. Die vyand beloer ons oor die bult en lag hulself stukkend as twee volksgenote aanmekaarspring. Of hulle hulself nou Boer of Afrikaner noem is regtig vir die vyand nie belangrik nie,vir hulle lyk ons dieselfde.
Ek kan verstaan dat die ANB die geleentheid van die vroue optog aangryp om self bietjie aandag op hulle gevestig te kry en ek dink dis waarskynlik slim politieke opportunisme. Ek is egter bevrees hulle gaan in die proses meer skade opdoen as wins aangesien ek hulle en die luisteraars wil verseker dat die reaksie en betrokkenheid by die optog landswyd is. mense van heide en verre kom deelneem. Ek het sopas ’n oproep van ’n dame uit die Kaap gehad wat kom saamloop.

Verder wil ek ook meedeel dat dit nie ’n optog is wat deur my gereël is nie. Hierdie is ’n goddelik opdrag wat my vrou Minnie, en my skoondogter Andrea onafhanklik van mekaar ontvang het. Uit die aard van die saak ondersteun ek die optog met my hele hart, eerstens omdat my vrou dit geïnisieer het en tweedens omdat dit die volk weer moed gee, weer trots gee en weer sin in hulle bestaan gee. Hierdie optog kan beskou word as ’n inspuiting in die GEES van die Boerevolk. ’n Manier om vir mekaar en vir die wêreld te sê: ons lewe en bestaan en ons het trots en regte. Ons is nie die spul papperds wat die vyande ons graag voor wil uitmaak nie. Daar gaan NIE gepleit word nie, Daar gaan NIE onderhandel word nie. Daar gaan WEL ’n EIS namens die Boerevolk op die tafel geplaas word. Daar gaan deur die Boerevolk aan almal wat wil kennis neem gesê word: “GENOEG IS GENOEG!”
Die vroue van die Boerevolk, soos die vrouens hulleself noem. Het self besluit om die Majuba deklarasie te aanvaar as die basis vir hulle eise. Die aanvalle teen my is dus ongegrond en terselfdertyd is die inhoud en argumente van die aanval ten opsigte van die Majuba deklarasie ook baie aanvegbaar. Ek verkies egter om nie kommentaar op die aanval te lewer nie. Die volk moet maar self daaroor besin en self besluit. Indien u die Deklarasie onder oë wil kry, gaan besoek die webwerf www.boerevryheid.co.za

Die mense wat Henry Ford dopgehou het terwyl hy sy eerste kar bou, het allerhande opmerkings gemaak oor die vorm en inhoud van die kar. Aan die einde van die dag het hy (Ford) ’n kar gehad om mee te ry terwyl die mense met die slim opmerkings steeds moes loop, of by Ford ’n kar koop.

Namens die vroue van die Boerevolk, nooi ek nou weer alle volksgenote, mans en vrouens om Saterdagoggend net na sewe die oggend by Oom Paul se standbeeld bymekaar te kom. Die vroue sal die optog vorm terwyl die manne op die sypaadjie sal beweeg om sekuriteit aan die vroue te bied. Die optog sal in die omgewing van 10h00 afgehandel wees by die Uniegebou.
Daarna sal ’n baie belangrike aankondiging aan die volk gemaak word wat die totale toekoms van die volk kan beïnvloed.
Boeregroete,

Dr J (Lets) Pretorius

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER


Newbie

Status: Offline
Posts: 8
Date:

Hierdie ANB - "Afrikaner" sal mos so reageer, ek ken die manne nie maar enigeen wat homself as "Afrikaner" voordoen het ook die tipe van mentaliteit.

Hierdie manne het volgens my mening 'n "teer en veer" dringend nodig.

Volgens hulle verklaring lei ek af hulle lewe lekker saam met hul "african brothers".


__________________
Wie nie met ons is nie, is teen ons...
Page 1 of 1  sorted by
 
Quick Reply

Please log in to post quick replies.

Tweet this page Post to Digg Post to Del.icio.us


Create your own FREE Forum
Report Abuse
Powered by ActiveBoard