Members Login
Username 
 
Password 
    Remember Me  
Post Info TOPIC: WAPEN WET


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:
WAPEN WET


Gun owners who fail to renew their licences in terms of the new gun-control regulations will not overnight become criminals in possession of illegal firearms - at least, not until July 2009.

This is because any licence issued in terms of the old Arms and Ammunition Act and which was valid before the new Firearms Control Act became operational on July 1 2004, remains valid for a period of five years until July 2009, unless terminated, cancelled or surrendered in terms of the new law.

Independent Online

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:

KAAPSTAD. – Wapeneienaars en -verenigings beskou die regering se wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens as ’n erkenning dat die wet misluk het.

Die regering en polisie kan nou glo verskeie hofsake en geldeise van wapeneienaars en -wapenverenigings verwag.

Mnr. Martin Hood, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Wapeneienaarsvereniging (Saga), het aan Die Burger gesê die polisie het wapeneienaars die laaste maande behoorlik geboelie en gedreig om van hul wapens ontslae te raak en nou draai die regering om en wysig die wet.

“Die regering en polisie kan beslis geldeise teen hulle verwag. Wapeneienaars het óf hul wapens ingehandig óf honderde rande betaal vir bevoegdheid- en vaardigheidsertifikate. Hier kom beslis lang en uitgerekte hofsake.”

Een van die wysigings, soos aangekondig deur mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, in die nuutste Staatskoerant lui dat alle bestaande vuurwapenlisiensies lewenslank geldig bly indien ’n wapeneienaar ’n bevoegdheidsertifikaat het.

Wapeneienaars hoef volgens die wysiging nie meer om ’n nuwe lisensie aansoek te doen nie, maar moet ’n bevoegdheidsertifikaat bekom en bewys lewer dat die wapen wel hul eiendom is.

Volgens Hood erken Nqakula met dié wysigings net dat dié wet, wat in Julie 2004 in werking gestel is, ’n mislukking is.

Hy het gesê dis wel só dat ’n bestaande lisensie geldig bly, maar die registrateur van die Sentrale Vuurwapenregister (SVR) kan nou ook enige tyd ’n bevoegdheidsertifikaat afkeur.

’n Geldige wapenlisensie verval dan dadelik.

Eienaars wat onder die indruk is dat hul lisensies tot 2009 geldig is, moet volgens dié wysigings nou binnekort om ’n bevoegdheidsertifikaat aansoek doen. Die minister sal eersdaags datums aankondig wanneer dié sertifikate bekom moet word.

“Volgens die nuwe wysigings moet alle antieke wapens wat buskruit skiet nou ook gelisensieer word. Dit is belaglik. Versamelaars moet nou óf van dié wapens ontslae raak óf aansoek doen om lisensies. Dié wysiging kompliseer net die wet,” het hy gesê.

Volgens Hood verwelkom Saga die positiewe wysigings, maar sal dié vereniging die negatiewe wysigings beslis teenstaan.

Mnr. Abios Khoele, voorsitter van die Swart Wapeneienaarsvereniging, het gesê swart wapeneienaars gaan met dié wysigings weer aan die kortste ent trek.

“Die regering boelie nou met dié vereistes eienaars van buskruit-wapens. Die nuwe wysigings gaan nie onwettige besit van wapens voorkom nie. Sake lyk nou net nog erger as voorheen. Die regering erken eintlik met die wysigings maar net dat die wet ’n mislukking is.”

Mnr. Charl van Wyk, nasionale koördineerder van die Wapeneienaarsvereniging van Suid-Afrika (Wesa), het Hood en Khoele se reaksie beaam.

Volgens hom het die regering nou bewys die Wet op die Beheer van Vuurwapens is vir die regering een te veel om te hanteer.

“Die minister, polisie en SVR het in die laaste maande nie net wettige wapeneienaars geboelie nie. Hulle het bykans eiehandig ook ’n multimijoenrand-wapen- en jagbedryf uitgewis. Dit is nou tyd dat Nqakula besef sy wet is niks anders as ’n wit olifant nie.”

Mnr. Roy Jankielsohn, DA-woordvoerder oor veiligheid en sekuriteit, het gesê hy is verlig die regering het effe “lig gesien”.

Die betrokke partye sal egter aan maniere moet dink om wapeneienaars te vergoed wat reeds óf hul wapens onder druk ingehandig het óf wat reeds geld betaal het om aan die vereistes vir ’n nuwe lisensie te voldoen.

Mnr. Trevor Bloem, woordvoerder van die minister, het in ’n verklaring gesê die wysigings is bloot wysigings en wapeneienaars moet, totdat dit in die wet opgeneem is, steeds aan die wet voldoen.

kommentaar

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER


Newbie

Status: Offline
Posts: 36
Date:

Piett, ek ruik muishond hier, hulle maak en breek wette net soos hulle wil, wonder wat is volgende

__________________
Voorwaarts vir vryheid vir die Boerevolk


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:

Dankie tog dis n muishoend,en nie slag nie "n Pofader Slang "

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER


Newbie

Status: Offline
Posts: 8
Date:

Een van die wysigings, soos aangekondig deur mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, in die nuutste Staatskoerant lui dat alle bestaande vuurwapenlisiensies lewenslank geldig bly indien ’n wapeneienaar ’n bevoegdheidsertifikaat het.

Sien hier 'n ding kom, die bevoegdheidsertifikaat bly hulle troefkaart, hier kan hulle jou aansoek op enigiets afskiet. Die ape het die hele wapenwet gegrond op die deel en die manne het dit nie reg toegepas nie. Die aansoek vir lisensies moes nie eers plaasgevind het nie want die bevoegdheidsertifikaat moet jou al afgeskiet het.

__________________
Wie nie met ons is nie, is teen ons...
Page 1 of 1  sorted by
 
Quick Reply

Please log in to post quick replies.

Tweet this page Post to Digg Post to Del.icio.us


Create your own FREE Forum
Report Abuse
Powered by ActiveBoard