Members Login
Username 
 
Password 
    Remember Me  
Post Info TOPIC: A.W.B.


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:
A.W.B.



Tragies en propagandies...

http://www.news24.com/Die_Burger/Kol...890442,00.html


Terre’Blanche net ’n skadu van ou stryder in nuwe fliek
Pieter Malan 01/03/2006 19:42 - (SA)

LONDEN. – Mnr. Eugène Terre’Blanche is net ’n skaduwee van sy uitgesproke en revolusionêre self wat sy voormalige volgelinge, wat steeds aan hul rassistiese ideologieë vasklou, in die steek gelaat het.

Dit is die beeld wat van die verregse AWB-leier geskets word in ’n nuwe dokumentêr wat Maandagaand oor die Britse Channel 4 vertoon is.

His Big White Self is ’n opvolg op die beroemde The Leader, the Driver and the Driver’s Wife, wat 14 jaar gelede vir die eerste keer uitgesaai is en beskou word as een van die beste dokumentêre programme in sy soort.

Dit is die prent wat destyds die beweringe van ’n seksuele verhouding tussen Terre’Blanche en die Sunday Times-rubriekskrywer Jani Allen gemaak het. Allen het later onsuksesvol probeer om Channel 4 te dagvaar oor die beweringe.

Vir die jongste program het die Britse dokumentêre rolprentmaker Nick Broomfield teruggekeer na Ventersdorp om te probeer vasstel wat van die drie karakters van sy eerste dokumentêr geword het.

Die program open met ’n skoot waar Broomfield by JP Meyer, Terre’Blanche se voormalige bestuurder, se huis opdaag vir sy afspraak.

In ’n surrealistiese toneel loop Broomfield by die huis in – terwyl Meyer se oorgewig hond alleen in die sitkamer sit en kyk na Broomfield se vorige film oor Terre’Blanche. Vir Meyer self kry hy kaalbolyf in die kamer, besig om aan te trek vir die onderhoud.

Meyer vertel hom onder meer oor sy geloof dat die Bybelse Adam wit was en dat Noag, as direkte afstammeling, dus ook wit moes wees.

Omdat net Noag en sy familie op die ark was, moet die swart mense afstammelinge van die diere wees wat saam met hom op die ark was.

“Dit is ’n radikale teorie, JP,” sê Broomfield en Meyer knik sy kop.

Ten spyte hiervan, en die feit dat Meyer sê hy is spyt dat daar nie ’n oorlog uitgebreek het ná 1994 nie, ontvou ’n baie simpatieke beeld van Meyer, ’n ambulansbestuurder “wat probeer om mense te help”, tydens die program.

Meyer en sy vrou, Anita, is intussen geskei en sy bly in Ottosdal.

Broomfield vind dit egter baie moeilik om ’n afspraak met Terre’Blanche te kry en uiteindelik vermom hy homself as ’n “silly Englishman” in ’n Panamahoed om ’n onderhoud met Terre’Blanche te voer oor sy tronkgedigte.

Tydens die onderhoud vertel Terre’Blanche van sy liefde vir die natuur en nooi hulle ook uit na ’n kerkdiens waartydens hy gaan preek.

Terrre’Blanche preek oor Job en “hoe die honde aan sy sere gelek het in die hoop dat hy sou doodgaan”, ’n verwysing na sy eie tyd in die tronk. Hy sê ook dat die tronkowerhede (“die Satan”) hom doelbewus verneder het deur hom in “Bophuthatswana” aan te hou tydens sy tronkstraf, terwyl ’n wye kameraskoot wys dat die kerk so te sê dolleeg is.

“Lyk hy vir jou soos die leier van ’n Weerstandsbeweging” vra Meyer aan Broomfield tydens ’n opvolgonderhoud.

“Het hy jou op enige manier bedreig laat voel”

Broomfield vra hom of Terre’Blanche die leier is om mense wat deur ’n moeilike tyd gaan, te lei.

“Nee, ek dink nie so nie,” antwoord Meyer, en voeg by dat Terre’Blanche “mak” geword het nadat hy uit die tronk gekom het.
__________________



__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:

Die is nou n geval van, ET wou sy pad stap en nie die volk se pad nie, Wel dit is GAME,SET AND MATCH vir hom.

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER


Newbie

Status: Offline
Posts: 36
Date:

Hallo Piett, ja nee die AWB het hulle beurt gehad, ek glo in my hart dat daar tog opregte mense daar gewees het, ongelukkig was daar diesulkes wat glad nie geweet het waaroor dit gaan nie, ek dink die brandewyn het ook maar menigdes in 'n grootsheidswaan laat leef


Vorentoe sal ons die regte pad stap, met die vertroue in ons Skepper le daar oorwinning voor die deur



__________________
Voorwaarts vir vryheid vir die Boerevolk


Newbie

Status: Offline
Posts: 8
Date:

Ja daar was Boere daar gewees, daar was ook die voggies en die meng nie, net jammer die regterhand het nie geweet wat die linkerhand doen nie.

__________________
Wie nie met ons is nie, is teen ons...
Page 1 of 1  sorted by
 
Quick Reply

Please log in to post quick replies.

Tweet this page Post to Digg Post to Del.icio.us


Create your own FREE Forum
Report Abuse
Powered by ActiveBoard