Members Login
Username 
 
Password 
    Remember Me  
Post Info TOPIC: Die LÖTTER Kommando


Newbie

Status: Offline
Posts: 8
Date:
Die LÖTTER Kommando


Hier is 'n blad met die Lötter Kommando, wie hulle was en so 'n paar fotos.

Die Kaapse "rebel" Kommandant, Johannes Cornelius Lötter, het 'n kommando op die been gebring wat uit sowat 140 lede bestaan het.

Die kommando was gejag deur "Lieut-Col Harry Scobell, met Lieut-Col Timson Lukin as sy 2de in bevel, en 400 van die 9th Lancers en die Cape Mounted Riflemen"

Kmdt. Hans Lötter en sy kommando was vasgekeer deur op die plaas Paardefontein, noord van Pearston, in die geveg wat toe volg is 13 lede gedood, een het later van sy wonde beswyk en 50 gewond, 118 was gevange geneem.
Vyf manne ingesluit Kmdt Lötter is ter dood veroordeel en was tereggestel. 103 manne wat ter dood veroordeel was is begenadig en het hulle vonnisse toe op die eiland Bermuda uitgedien. Hulle het in 1903 huis toe gegaan.
5 sprinkane (stuurjonge) was ook gevange geneem en dadelik vrygelaat.

Twee Vrystaters en 'n Transvaler is in 'n SA krygsgevangene kamp aangehou.

Hier is 'n lys van die Lötter's wat in die oorlog deelgeneem het.

__________________
Wie nie met ons is nie, is teen ons...
Page 1 of 1  sorted by
 
Quick Reply

Please log in to post quick replies.

Tweet this page Post to Digg Post to Del.icio.us


Create your own FREE Forum
Report Abuse
Powered by ActiveBoard