Members Login
Username 
 
Password 
    Remember Me  
Post Info TOPIC: PW: 'Mandela wanted me back'


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:
PW: 'Mandela wanted me back'


Wildernis
Ja, hy sou 'n ander pad met Suid-Afrika geloop het as hy nog in die stoel was voor Nelson Mandela se vrylating.

"Maar ek is nie uitgeskop nie, ek het sélf besluit om te loop omdat ek nie tevrede was met wat om my gebeur het nie."

Oudpres. PW Botha het gister die eerste keer in langer as 'n dekade in die openbaar sy lang politieke stilswye verbreek.

Hy het in Wildernis, 'n hanetree van sy aftreehuis, die Anker, opgetree by die bekendstelling van DVD's en video's van sy gewraakte onderhoude met die oud-SAUK-joernalis Cliff Saunders.

"Ek het nie daarvoor gesoek nie, maar nou is ek wéér in die moeilikheid," het 'n opgewekte Botha gesê oor die omstredenheid van die TV- onderhoud nadat die SAUK, M-Net, kykNET en e-tv geweier het om dit uit te saai.

Die vervaardiger, mnr. Mark Williams, direkteur van Thuthuka Broadcasting, sê die SAUK het op 7 Desember verlede jaar R200 000 vir die uitsaairegte aangebied, maar hom skielik op 11 Januarie per e-pos laat weet hy gaan dit nie meer uitsaai nie.

Hy het gesê almal mag na "X-rated"-flieks op SATV kyk, maar nie na "PW-rated"-onderhoude nie.

Botha sê gister hieroor: "Ek weet nie waarom (TV-kanale) 'n demper op my geplaas het om te sê wat ek wil nie. Ek het vyftig jaar gesê wat ek wil, en ek sê vandag weer wat ek wil."

En gevra: "Waarom word ek beskerm? Ek het nog nooit beskerming gevra nie. Ek is nog nie seniel nie, al weet ek van ander mense in Suid- Afrika wat wel seniel is."

Dit is 'n verwysing na "gerugte" dat alles nie wel met hom is sedert 'n ligte beroerte in 1989 nie en dat hy nie in staat is "tot samehangende gedagtes en spraak nie", het Williams gesê.

Maar Botha, wat in Januarie 90 geword het, het gister, sonder ondersteuning met net sy kierie, onder groot applous saam met sy vrou, Barbara, by die byeenkoms opgedaag.

In ligte luim het hy oor sy omstredenheid en berugtheid as "moeilike man" gesê die rede waarom hy vandag minder vyande het, is omdat hy almal oorleef het.

Oor die politieke en staatkundige veranderinge in die land sedert 1994 het hy gesê "daar is iets verkeerd" in die land as duisende jong mense in die buiteland sit pleks van om hul kundigheid hier in te ploeg.

"Natuurlik kon ek (as president) meer gedoen het. En ja, ek wou nog dinge doen. Maar ek sou 'n ander pad geloop het as ek nog in die stoel was," het hy gesê sonder verwysing na mnr. FW de Klerk wat hom in 'n paleisrevolusie as president opgevolg en kort daarna die weg gebaan het vir Mandela se vrylating.

Oor Mandela sê hy: "Ek het hom die kans gegee om uit die tronk te kom. Hy wou nie van geweld afstand doen nie, en het hom daardeur self in die tronk gehou."

En oor Mandela se outobiografie Long Walk to Freedom: "Ek het die boek gelees. Ek dink nie dis een van die beste boeke in die wêreld nie."

In die TV-onderhoude met Saunders, wat in November verlede jaar in Wildernis gevoer is met die oog op sy 90ste verjaardag, sê Botha onder meer dat hy nooit gemeen het swartes is ondergeskik nie, maar gee toe "van ons mense was en sommige is steeds rassiste".

Hy sê ook regstellende aksie is " 'n 'rampspoedige beleid' wat mense vernietig om diens aan die land te lewer. "Ek het gedink ons is nou 'n nie-rassestaat."

Oor apartheid: "Dis 'n ou beleid en ons het nie daarvoor gevra nie. Dié deel van die apartheidsbeleid wat mense op grond van kleur sekere dinge ontsê het, het nie by ons ontstaan nie".


http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0...900837,00.html
__________________

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER
Page 1 of 1  sorted by
 
Quick Reply

Please log in to post quick replies.

Tweet this page Post to Digg Post to Del.icio.us


Create your own FREE Forum
Report Abuse
Powered by ActiveBoard