Members Login
Username 
 
Password 
    Remember Me  
Post Info TOPIC: Flatervrye Koeke


Newbie

Status: Offline
Posts: 21
Date:
Flatervrye Koeke



Sjokolade Koek

1.5 koppie water
4e kakao
half koppie olie
Kook en laat afkoel

Klits 4 eiers en 1.5 k suiker baie goed

Voeg by eiermengsel:
2k meel
4t bakpoeier

Metode:
Knippie sout en laastens die afgekoelde oliemengsel.
Bak by 180 grade C (350 F) omtrent half uur of toets met pennetjie.

__________________


Newbie

Status: Offline
Posts: 10
Date:

Heerlik

__________________
....Alles vir my volk


Newbie

Status: Offline
Posts: 21
Date:


Gesondheidsbroodjie

240 g (500 ml) volkoringmeel
140 g (250 ml) gerolde koring
120 g (250 ml) muesli
15 ml afgedopte sonneblomsaad
5 ml sesamsaad
5 ml sout
5 ml koeksoda
500 ml ongegeurde joghurt
15 ml heuning
bietjie sesamsaad om bo-oor te strooi

Voorverhit die oond tot 180 grade C. Smeer 'n broodpannetjie van 21 x 11 x 6 cm of bespuit dit met kleefwerende kossproei.

Meng die volkoringmeel, koring, muesli, sonneblom- en sesamsaad, sout en koeksoda. Voeg die joghurt en heuning by en meng goed.

Skep die deeg in die pannetjie en maak dit gelyk. Strooi 'n bietjie sesamsaad bo-oor en druk dit liggies vas.

Bak die broodjie 'n uur. Keer dit uit en laat dit afkoel.

Lewer 'n middelslag broodjie.

__________________
Page 1 of 1  sorted by
 
Quick Reply

Please log in to post quick replies.

Tweet this page Post to Digg Post to Del.icio.us


Create your own FREE Forum
Report Abuse
Powered by ActiveBoard