240 g (500 ml) volkoringmeel 140 g (250 ml) gerolde koring 120 g (250 ml) muesli 15 ml afgedopte sonneblomsaad 5 ml sesamsaad 5 ml sout 5 ml koeksoda 500 ml ongegeurde joghurt 15 ml heuning bietjie sesamsaad om bo-oor te strooi
Voorverhit die oond tot 180 grade C. Smeer 'n broodpannetjie van 21 x 11 x 6 cm of bespuit dit met kleefwerende kossproei.
Meng die volkoringmeel, koring, muesli, sonneblom- en sesamsaad, sout en koeksoda. Voeg die joghurt en heuning by en meng goed.
Skep die deeg in die pannetjie en maak dit gelyk. Strooi 'n bietjie sesamsaad bo-oor en druk dit liggies vas.
Bak die broodjie 'n uur. Keer dit uit en laat dit afkoel.