Members Login
Username 
 
Password 
    Remember Me  
Post Info TOPIC: Vleis geregte


Newbie

Status: Offline
Posts: 21
Date:
Vleis geregte



Niertjieskottel
Baie lekker saam met lekker stywe mieliepap.

12 Skaapniertjies
125ml koekmeelblom
5 ml sout
5 ml braaivleisspeserye
5 ml gemengde kruie
2 tot 5 ml mosterdpoeier
3 uie, in blokkies gesny
sonneblomolie
1 pak ontbytspek, gesnipper
250 ml kookwater
1 blik (410g) tamatiesop of 125 tot 250 ml tamatiesous
4 tot 6 weense worsies, in skyfies gesny
1 blik (285g) heel sampioene, gedreineer
geuropwekker en peper na smaak
100ml sjerrie
fyn gekapte pietersielie

Halveer en trek die vel van die niertjies af en sny die pypies en wit gedeelte uit. Laat die niertjies 30 minute in soutwater lê, dreineer en droog hulle liggies met papierhanddoek af.

Meng die meel, sout, braaivleisspeserye, kruie en mosterd. Rol die niertjies daarin en laat dit 15 minute staan.

Soteer die ui in ‘n bietjie olie in ‘n braaipan en skep dit in ‘n dikboomkastrol. Braai die spek in dieselfde pan en voeg dit by die uie. Skroei die niertjies in dieselfde pan toe – voeg ekstra olie by, indien nodig – en skep dit in die kastrol.

Giet die oortollig olie in die pan af, giet die kookwater daarin en kook al die braaiseltjies los. Meng die oorblywende meelmengsel met koue water tot ‘n pasta en roer dit by die vloeistof in die pan. Voeg ekstra kookwater by as die sous te dik is. Roer die tamatiesop / tamatiesous by.

Giet die sous oor die niertjies, roer deur, sit die deksel op en laat dit 30 tot 40 minute prut – roer dit af en toe en voeg ekstra kookwater by as die sous te dik raak.

Voeg die worsies en sampioene 15 minute voor opskeptyd by, voeg geuropwekker en peper by en proe of dit sout genoeg is.

Roer die sjerrie by, strooi pietersielie oor en sit voor.


__________________


Newbie

Status: Offline
Posts: 21
Date:



Outydse lewerkoekies

350g skaaplewer
Halwe pak (125g) ontbytspek
1 middelslag ui
1 middelslag aartappel, geskil
1 dik sny witbrood
50ml hawermout
10 ml asyn
5 ml sout
5 ml Worcestersous
1 ml peper
sonneblomolie vir vlak braai

Maal die lewer, spek, ui, aartappel, brood en hawermout saam of maak dit in ‘n voedselverwerker fyn. Voeg die asyn en smaakmiddels by en meng.

Skep lepelsvol lewer in vlak, taamlik warm olie en braai aan weerskante tot mooi bruin en gaar. Dreineer die gaar koekies op papierhanddoek.

Sit hulle warm of koud voor – maak ongeveer 20 koekies.


__________________


Newbie

Status: Offline
Posts: 21
Date:

Sosatieskaaptjops

Marinade:
1 groot ui, in dun skywe gesny
25ml sonneblomolie
100 g (125 ml) witsuiker
15 ml matige kerriepoeier
125 ml asyn
125 ml kookwater
10 ml sout
5 ml gemaalde koljander
2 lemoenblare, gekneus

Tjops
6 groot skaapboudtjops
sout

Soteer die ui in die olie. Voeg die suiker by en roerbraai 'n rukkie. Strooi die kerriepoeier oor, maar hou aan met roer. Voeg die res van die bestanddele by en laat dit 'n minuut kook. Koel die marinade goed af.

Keep die vetrande van die tjops in. Pak dit oop in 'n skottel en giet die marinade oor. Draai die tjops na 'n ruk om en maak seker dat die marinade al die vleis bedek. Na 4 tot 6 uur se marinering is die tjops gereed.

Rooster die tjops oop oor redelik warm kole en draai hulle kort-kort om - elke 5 minute aan die begin, maar namate hulle gaar word, word die tyd korter.

Strooi sout oor kort voordat die tjops gaar is.

Lewer 6 porsies.



-- Edited by Vicky at 15:48, 2006-05-28

__________________


Newbie

Status: Offline
Posts: 36
Date:

Ek gaan al daai vleisgeregte hierdie week nog probeer, alhoewel Karin 'n uithaler kok is sal ek ook maar my hande bymekaarsit en haar verras, ek sal natuurlik nie vir haar se waar ek die resepte gekry het nie...Hehehehehe


Ons was gister in die Kaap gewees en toevallig vir ons vis gekoop, allerande soorte, geelstert, kingklip, kabeljou, hake, ens


Hoe lyk dit my sussie gee daar raad vir 'n paar lekker disse



__________________
Voorwaarts vir vryheid vir die Boerevolk


Newbie

Status: Offline
Posts: 21
Date:

Ok Luther, spesiminijaal vir jou:

Kaapse Visbraai


1 Geelstert, sowat 1,5 kg, skoongemaak en ingewande verwyder
1 knoffelhuisie, in repies gesny

Knoffel-en-wynbedruipsous

75 ml (5 eetlepels) kookolie
125 ml (half koppie) droë witwyn
15 ml (1 eetlepel) suurlemoensap
5 ml (1 teelepel) sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
2 knoffelhuisies, gekneus
5 ml (1 teelepel) bruinsuiker

Meng bestanddele vir bedruipsous. Maak verskeie vlak insnydings in die vel van diegeelstert en druk knoffelrepies daarin. Rooster vis sowat 20 minute oor koel kole in 'n geoliede toeknyprooster. Bedruip gereeld en sit onmiddelik voor.



__________________


Newbie

Status: Offline
Posts: 21
Date:


Stokvis in suurroomsous

bietjie botter / margarien
1 houer (250ml) suurroom (Smetena)
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
125 ml melk
800 g bevrore stokvisfilette
geuropwekker na smaak
gerasperde Cheddar-kaas
fyn gekapte pietersielie

Voorverhit die oond tot 180 grade celcius. Smeer 'n oondvaste bak van nagenoeg 30 x 20 x 5 cm met 'n bietjie smeer.

Meng die suurroom en soppoeier. Spoel die roomhouer met die melk uit, voeg dit by die sopmengsel en meng goed.

Pak drie van die visfilette kop en punt in die bak. Strooi geuropwekker oor en skep 'n dun lagie van die roommengsel bo-oor. Plaas die oorblywende vis bo-op en bedek dit met die oorblywende roommengsel. Strooi kaas oor asook pietersielie en 'n bietjie geuropwekker.

Bak die gereg ongeveer 40 minute tot mooi goudbruin en gaar.

-- Edited by Vicky at 21:42, 2006-05-28

__________________


Member

Status: Offline
Posts: 236
Date:

Mmmm....dit lyk lekker.

__________________
DAAR'S NET EEN PAD OM TE LOOP,EN DIS DIE BOERVOLK SE PAD,SAAM MET DIE SKEPPER


Newbie

Status: Offline
Posts: 21
Date:

Gevulde Kool in potjie

1 middelslag kool
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
15 ml kookolie
500 g maalvleis
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml tamatiepasta
50 ml gekapte pietersielie
350 ml vleisaftreksel
15 ml wynasyn
125 ml vars broodkrummels
150 ml gerasperde Cheddar-kaas

Verwyder pap en beskadigde buiteblare van kool en sny bokant gelyk. Hierdie stuk vorm die "deksel". Hol die kool versigtig uit sonder om die kante te beskadig.

Vir die vulsel, soteer uie en knoffel in warm olie tot deurskynend. Voeg vleis by en soteer tot dit van kleur verander. Voeg geurmiddels, tamatiepasta, pietersielie en 100 ml aftreksel by. Laat vulsel effens afkoel en skep dan in uitgeholde kool. Plaas "deksel" op en bind kool met tou vas om die vorm te behou.

Smeer potjie met botter. (Die pot moet groot genoeg wees dat die kool knus kan inpas). Meng die res van die aftreksel en die asyn en giet oor kool. Strooi broodkrummels en kaas oor en bedek. Prut stadig vir 20 - 30 minute of tot kool sag is. Verwyder tou en sit voor.
6 porsies.


-- Edited by Vicky at 22:03, 2006-05-28

__________________


Newbie

Status: Offline
Posts: 36
Date:

Vicky wrote:


Stokvis in suurroomsous bietjie botter / margarien 1 houer (250ml) suurroom (Smetena) 1 pakkie dik wit uiesoppoeier 125 ml melk 800 g bevrore stokvisfilette geuropwekker na smaak gerasperde Cheddar-kaas fyn gekapte pietersielie Voorverhit die oond tot 180 grade celcius. Smeer 'n oondvaste bak van nagenoeg 30 x 20 x 5 cm met 'n bietjie smeer. Meng die suurroom en soppoeier. Spoel die roomhouer met die melk uit, voeg dit by die sopmengsel en meng goed. Pak drie van die visfilette kop en punt in die bak. Strooi geuropwekker oor en skep 'n dun lagie van die roommengsel bo-oor. Plaas die oorblywende vis bo-op en bedek dit met die oorblywende roommengsel. Strooi kaas oor asook pietersielie en 'n bietjie geuropwekker. Bak die gereg ongeveer 40 minute tot mooi goudbruin en gaar. -- Edited by Vicky at 21:42, 2006-05-28


As jy man vrou was dan het ek jou permanent voor die kospotte staangemaak, mens dit lyk my jou hande staan verkeerd vir niks


 


Dankie, ek sal hierdie een ook probeer



__________________
Voorwaarts vir vryheid vir die Boerevolk


Newbie

Status: Offline
Posts: 21
Date:

Nee Luther, dit sal nie werk nie! Hehehe, ek is eintlik allergies vir 'n kombuis!

__________________
Page 1 of 1  sorted by
 
Quick Reply

Please log in to post quick replies.

Tweet this page Post to Digg Post to Del.icio.us


Create your own FREE Forum
Report Abuse
Powered by ActiveBoard